Bible Society of South Africa

Leef, Werk en Oorlogvoering

Registered
Bakplaat

ʼn Bakplaat was ʼn ronde plaat wat uit erdewerk of metaal gemaak is. Die bakplaat is op ʼn paar klippe bo die vuur geplaas. Daarna is ʼn brood gebak deur ʼn plat blok deeg daarop te plaas.

Registered
Banier/vaandel

ʼn Banier of vaandel was ʼn vlag of ʼn metaalbord aan ʼn lang stok. ʼn Vaandel is deur die leër gedra en het gedien as identifikasie van ʼn groep soldate.

Registered
Banoffer

“Die banoffer” is ʼn godsdienstige term wat dikwels in verhale oor oorloë gebruik word, en wat beteken dat mense of dinge aan God gewy word.

Registered
Beleëringswal

ʼn Beleëringswal was ʼn muur of ʼn (om)heining wat aanvallers rondom ʼn stad wat beleër is opgerig het. Hulle het dit gedoen om te verhoed dat die stad se inwoners ontsnap en om te keer dat voedsel en drank ingebring word. Daarbenewens kon die aanvallers hulle militêre leërkamp in veiligheid opslaan.

Registered
Beleëringswal

ʼn Beleëringswal was ʼn grondwal wat aanvallers teen die stadsmuur van ʼn beleërde stad opgehoop het. Hulle het stormramme teen hierdie beleëringswal opgery om die stadsmuur plat te slaan. Dit is gedoen omdat stede gewoonlik hoër geleë was om dit vir aanvallers moeilik te maak om die mure te bereik.

Registered
Beleg van ʼn stad

Tydens die beleg is die hele stad deur die vyand omsingel. Niemand kon in of uit nie en geen voedsel of water kon die stad ingeneem word nie. Die aanvallers se doel was om die mense van die stad tot oorgawe te dwing.

Registered
Bokke en skape

Die landskap en klimaat van Israel was by uitstek geskik vir bokboerdery. Bokke eet hoofsaaklik blare en blaarplante en kan daarom in droë en woestynagtige gebiede, waar daar nie baie gras is nie, oorleef. Hulle is kom ook baie goed op klipperige terrein oor die weg.

Registered
Boog en pyl

ʼn Boog en pyl was ʼn wapen wat algemeen in antieke tye gebruik is. Dit was ʼn ligte wapen en daarom maklik om te dra. Nog ʼn voordeel was dat ʼn mens die vyand oor ʼn afstand kon tref.

Registered
Brons

Brons is ʼn sterk en harde metaal wat gemaak word deur twee relatiewe sagte metale te meng: koper en tin, of in die plek van tin ʼn ander metaal soos lood.

Registered
Bronsskerms

Volgens 1 Samuel 17:6 het die Filistynse soldaat Goliat bronsskerms, ʼn brons helm en wapenrusting gedra. Die Hebreeuse woord vir bronsskerms word slegs in hierdie gedeelte in die Bybel gebruik. In uitbeeldings uit die Ou Nabye Ooste word soldate altyd vertoon met onbeskermde bene, en daarom is die bronsskerms in die beskrywing van Goliat ongewoon.

Registered
Broodoond

Brood is op ʼn bakplaat of in ʼn oond gebak. ʼn Broodoond kon langs die huis, binne-in die huis in die binneplaas, of naby die deur staan.

Registered
Dak

In Israel is die dak nie net gebruik om ʼn huis te bedek nie. Omdat dit plat was, kon ʼn mens ook daarop sit of slaap, en dit vir pakplek gebruik.

Registered
Die Ou Testamentiese leër

In die Ou Testament het die Israeliete hulle eie leër gehad. In die boeke van die Pentateug was daar verskeie reëls wat soldate moes volg, en in die profetiese boeke is daar meestal verhale oor leërs en soldate.

Registered
Dors

Dors is die proses waartydens die koring van die strooi geskei word. Dit is deur middel van ʼn dorsslee gedoen, of deur diere wat oor die graan loop. Die plek waar die dors plaasgevind het, is die dorsvloer genoem.

Registered
Dubbelfluit
Registered
Eetgerei van klip

Klipkanne is gebruik om water te stoor. Dit is gewoonlik uit kalksteen gemaak. Die vorm is met ʼn hamer en beitel uitgekap en daarna is die oppervlak glad geskuur. Klipborde en koppies is ook gevind, veral uit die Tweede Tempelperiode.

Registered
Etenstafel

In Ou Testamentiese tye het gewone mense nie eintlik ʼn tafel gebruik nie. Hulle het gewoonlik op ʼn strooimat of ʼn dierevel op die vloer gesit. Mense het rondom die tafel gesit of aangeleun.

Registered
Fluit

In die Bybel kom verskillende blaasinstrumente voor. Hierdie instrumente is gebruik om mense te waarsku of om hulle bymekaar te roep, alhoewel dit ook gebruik is om musiek te maak in die tempel.

Registered
Fyn linne

Fyn linne is ʼn term vir geweefde materiaal. Dit is linne van die hoogste gehalte. Hoe fyner die materiaal geweef is, hoe duurder was die eindproduk.

Registered
Graanoes

In bybelse tye was koring en gars die belangrikste gewasse in Israel. Lente en vroegsomer was oestyd. Die gars het eerste, reeds in April, ryp geword. Die koring het ʼn paar weke later in Junie gevolg.

Registered
Harnas

Wanneer harnas in die Bybel genoem word, verwys dit nie na die harnas wat die hele liggaam bedek nie. Harnas in die Bybel is ʼn borsharnas of skubharnas.

Registered
Harp
Registered
Helm

Die doel van die helm was om ʼn soldaat se kop tydens ʼn geveg te beskerm. Soms is flappe aan die helm vasgemaak om die ore en die nek te beskerm. Baie gewone Israelitiese soldate het nie ʼn helm gedra nie, maar net ʼn serp om hul koppe gedraai.

Registered
Herder as metafoor

In die Bybel is die beroep van ʼn skaapwagter ʼn gewilde beeld van goeie leierskap. Jesus word ook met ʼn goeie herder vergelyk. Maar die beeld van die herder word ook gebruik om slegte leiers te tipeer.

Registered
Herder met sy skape
Registered
Herder se toerusting

ʼn Herder was dikwels vir ʼn lang tyd buite in die veld met sy kudde, ver weg van bewoonde gebiede. Dit was daarom belangrik om goed toegerus te wees.

Registered
Herders

Ons kry twee soorte herders in die Bybel. Sommige herders het as nomade gelewe en het van een weiveld na ʼn ander met hul tente en hul diere getrek. Ander herders het in ʼn dorpie gewoon en hul diere in die velde buitekant die dorp laat wei.

Registered
Hiskia se tonnel

2 Konings 20:20 en 2 Kronieke 32:30 noem beide die tonnel wat koning Hiskia gebou het om water na die stad te gelei. Dit is waarskynlik aangespoor deur die feit dat koning Sanherib van Assirië gedreig het om Jerusalem te beleër.

Registered
Hoofpaaie

Die Israeliete het in ʼn strategiese area gewoon — tussen Egipte en die Rooisee in die suide, die koninkryke van Mesopotamië en Sirië in die noorde en ooste, en die Middellandse See in die weste. Daar was dus vanaf die vroegste tye paaie wat deur die land geloop het wat baie belangrik was vir internasionale handel, en vir ʼn politieke en militêre skakel tussen die groot moondhede in die Nabye Ooste.

Registered
Huis

In Ou Testamentiese tye was die sogenaamde vierkamerhuis die algemeenste tipe huis. In Nuwe Testamentiese tye is die huise dikwels rondom ʼn binnehof gebou.

Registered
Huis in die Nuwe Testament

In Nuwe Testamentiese tye is huise dikwels rondom ʼn binnehof gebou. Hierdie huise was dikwels net een verdieping hoog. In stede was daar dikwels wooneenhede, terwyl huise in die platteland losstaande was. Ryker mense sou ʼn villa laat bou wat deur Romeinse boukonvensies geïnspireer is.

Registered
Huis in die Ou Testament

In die tydperk tot by die Babiloniese ballingskap was die sogenaamde vierkamerhuis die algemeenste tipe huis in Israel en Juda. Hierdie tipe huis het in dorpe en stede voorgekom, alhoewel die huise in die platteland groter was as die huise in die stede. Argeoloë is van mening dat enkele families huise in die stede bewoon het, terwyl die huise in die platteland deur verskeie families van een familiegroep bewoon is.

Registered
Huishouding

Belangrike gebruiksvoorwerpe in en om die huis was:

Registered
Juk

ʼn Juk was ʼn houtbalk wat op die nek en skouers van een of twee trekdiere, byvoorbeeld osse, perde of donkies geplaas is.

Registered
Kleistene

In die Ou Nabye Ooste is kleistene dikwels as boumateriaal gebruik.

Registered
Kleuring

Wol en vlas was die materiaal wat die algemeenste gebruik is om lappe mee te maak. Die natuurlike kleur van vlas, waaruit linne vervaardig is, was ʼn gryserige wit. Linne is oor die algemeen nie gekleur nie, maar gebleik om dit helderder wit te maak.

Registered
Knuppel

ʼn Knuppel of ʼn strydbyl was ʼn handwapen wat deur voetsoldate gebruik kon word. Dit het bestaan uit ʼn kort houthandvatsel waaraan ʼn swaar klip of yster geheg was. Die handvatsel was dikwels die breedste aan die onderpunt, wat smaller word na die bopunt se kant toe, of dit was gebuig om die gebruiker ʼn beter greep te bied

Registered
Knuppel

ʼn Knuppel of ʼn strydbyl was ʼn handwapen wat deur voetsoldate gebruik kon word. Dit het bestaan uit ʼn kort houthandvatsel waaraan ʼn swaar klip of yster geheg was. Die handvatsel was dikwels die breedste aan die onderpunt, wat smaller word na die bopunt se kant toe, of dit was gebuig om die gebruiker ʼn beter greep te bied.

Registered
Kookpot

Kookpotte is gebruik om water te kook of kos gaar te maak. Dit was diep potte van erdewerk of metaal, soos brons of koper.

Registered
Kromswaard
Registered
Kruikie
Registered
Landbou, lewende hawe en visserye

Landbou, lewende hawe en visserye was belangrike maniere om ʼn bestaan in Ou Israel te maak.
Lees meer hieroor onder die volgende onderwerpe:

Registered
Leër

In die Ou Testament word daar soms gepraat van ʼn Israelitiese leër. In die Nuwe Testament lees ons meestal van Romeinse soldate en leëreenhede.

Registered
Lier

ʼn Lier behoort tot die familie van snaarinstrumente. Dit is een van die bekendste instrumente in die Bybel. Koning Dawid is byvoorbeeld bekend daarvoor dat hy die lier (of harp) baie mooi kon bespeel. Die Hebreeuse woord vir lier is kinnor.

Bible Society of South Africav.4.28.1
VOLG ONS