Bible Society of South Africa

Natuur en Landskap

Registered
Agaat

Agaat is ʼn halfdeurskynende edelsteen. Dit is gewoonlik ligblou of grys van kleur.

Registered
Albaster

Albaster is ʼn gelerige wit, halfdeurskynende soort klip. In die antieke wêreld is hierdie materiaal gebruik om bottels vir reukwater en salf van te maak.

Registered
Amber (steen)

Amber is versteende hars wat van dennebome afkomstig was. Die kleur daarvan was gewoonlik donkergeel tot donkerrooi.

Registered
Ametis

Ametis is ʼn mineraal wat ligpers of violetblou is.
Die steen is onder andere op die borssak van die hoëpriester gedra. Op elke steen was die naam van een van die twaalf stamme van Israel gegraveer.

Registered
Balsem

Balsem is ʼn geurige hars wat van verskillende soorte plante verkry kan word.

Registered
Beril

Beril is ʼn helder, kristalagtige mineraal. In die Ou Nabye Ooste is hierdie naam vir blougroen edelstene (akwamaryn) gebruik.
Die edelsteen is as versiering op die borssak van die hoëpriester gedra. Op elkeen van die stene was die naam van een van die twaalf stamme van Israel gegraveer.

Registered
Brakbossie

Die brakbossie is ʼn spinasie-agtige plant wat waarskynlik as ʼn soort groente geëet is (sien Job 30:4). Die brakbossie was die armes se groente. Dit het rondom die Dooie See en oos van die Sinaiwoestyn gegroei.

Registered
Chrisoliet

Chrisoliet is ʼn deurskynende mineraal. Dit is gewoonlik olyfgroen van kleur, maar daar is ook stene wat rooi van kleur is. In Openbaring 21:20 is dit een van die stene wat in die nuwe Jerusalem gebruik word.

Registered
Cistushars

Cistushars (labdanum) is ʼn soort hars met ʼn baie soet reuk. Dit is afkomstig van ʼn struik wat waarskynlik in die suidooste van Egipte gegroei het.

Registered
Donkie
Registered
Edelgesteentes

Verskeie edel- en halfedelgesteentes kom in die Bybel voor. Vir baie van die stene wat in die Ou en Nuwe Testament genoem word, is dit nie presies duidelik na watter steen verwys word nie.
Die volgende stene word in die Bybel genoem:

Registered
Granaat

Die granaat is die vrug van ʼn struikagtige boom wat ongeveer ses meter hoog kan word. Die ronde vrug is skarlakenrooi van kleur en stervormig wanneer dit oopgesny word. Dit bevat baie sade.

Registered
Granaat (steen)

Granaat is ʼn deurskynende mineraal. Dit is gewoonlik (bruinerig) rooi van kleur. Die edelsteen is waarskynlik na die granaatvrug vernoem, vanweë die kleur en die vorm van die pitte.

Registered
Hinnomdal

Daar word op verskillende maniere na die Hinnomdal in die Ou Testament verwys: die Hinnomdal en die Ben Hinnomdal (“die seun van Hinnom”). Hierdie name verwys na die oorspronklike eienaars van die vallei, die Hinnom-familie.

Registered
Hond

Waghonde en skaaphonde was baie waardevol in Ou Israel. Straathonde en rondloperhonde is egter as vuil en ʼn oorlas beskou. Die woord “hond” het daarom dikwels ʼn negatiewe konnotasie in die Bybel.

Registered
Jaspis

Jaspis is ʼn rooi edelsteen wat in beide die Ou Testament (byvoorbeeld op die borssak van die hoëpriester), en Nuwe Testament (sien bv Openbaring 4:3) voorkom.

Registered
Jordaan

Die Jordaan is ʼn rivier wat vanaf die Hermonberg na die Dooie See vloei. In Ou Testamentiese tye het die Jordaan die grens tussen die land Kanaän en die Transjordaan gevorm. Uit die Nuwe Testament ken ons die Jordaan veral as die rivier waarin Johannes die Doper vir Jesus gedoop het.

Registered
Jordaanrivier
Registered
Karneool

Karneool is ʼn oranje-rooi halfedelsteen wat uit Sardis in Klein-Asië afkomstig is (sien Openbaring 4:3). Karneool is ook “sardius” genoem, na die plek waarvandaan die stene kom, of “kornalyn”.

Registered
Kassie (wildekaneel)

Kassie is ʼn aromatiese resinharssoort wat gebruik word in die vervaardiging van salfolie (sien Eksodus 30:23).

Registered
Kolokwint

Die kolokwint, ook bekend as kalbas, is ʼn tingerige, pampoenagtige plant. Dit is hoofsaaklik vir medisinale doeleindes gebruik. Die plant het in die woestyn gegroei, dwarsoor die Middellandse Seegebied.

Registered
Lapis Lazuli

Lapis lazuli (lasuursteen) is ʼn ondeursigtige, diepblou edelsteen. In Openbaring 21:19 is dit een van die stene wat vir die nuwe Jerusalem gebruik word. Daar is onsekerheid oor die kleure en die identifikasie van edel- en halfedelstene, en vroeëre benamings stem nie altyd ooreen met huidige identifikasies en benamings nie. Die Hebreeuse woord

Registered
Liefdesappel

Die liefdesappel is verwant aan die aartappel en die tamatie. Dit is beskou as ʼn vrug wat seksuele begeertes kon opwek. Daarom speel dit ʼn belangrike rol in ʼn verhaal oor Ragel en Lea.

Registered
Marjolein (hisop)

Marjolein is ʼn plant wat bykans oral in Israel gegroei het. Dit is bekend vir reinigingskwaliteite en staan ook bekend as “hisop”.

Registered
Mirre

Mirre is ʼn salf wat uit die sap van ʼn immergroen plant gemaak is.

Registered
Môrester

Die planeet Venus word gewoonlik beskou as die môrester. Hierdie palneet is sigbaar net voor dagbreek. Daarom word die môrester as metafoor gebruik vir die komende lig van God, die lig wat die duisternis verdryf.

Registered
Mossie

ʼn Mossie is ʼn klein voëltjie wat ook algemeen in bybelse tye voorgekom het. Mossies is gevang en dan op die mark verkoop. ʼn Mens kon ʼn paar mossies vir ʼn klein bedraggie koop om te eet.

Registered
Nardusolie

Nardus is ʼn olie of salf met ʼn aangename reuk, afkomstig van die wortels van ʼn plant wat tot die valeriaanwortelfamilie behoort.

Registered
Nyl

Die Nyl is een van die langste riviere in die wêreld. Die rivier ontspring as die “Blou Nyl” in die Tanameer in Etiopië en as die “Wit Nyl” in die Victoriameer. Hierdie twee riviere vloei dan na die noorde waar dit in Khartoem, die hoofstad van Soedan, saamvloei. Daarna vloei die Nyl verder na die noorde deur Egipte, waar dit in die Middellandse See uitmond.

Registered
Oniks

Oniks is ʼn halfedelsteen wat in ʼn verskeidenheid kleure voorkom (sien bv Genesis 2:12; Esegiël 28:13). Dit is verwant aan die agaat.

Registered
Sardoniks

Sardoniks is ʼn mineraal. Die steen bestaan uit verskeie kleure soos rooi, wit, swart en bruin. In Openbaring 21:20 is dit een van die stene wat gebruik word om die nuwe Jerusalem te bou.

Registered
Seder (test)

Die seder is ʼn boom uit die bergstreek van Libanon. Dit is nie duidelik of dit na een spesifieke boomsoort of na verskillende soorte hout verwys het nie.

Registered
Sinai

Sinaiberg (of Horebberg) is die berg waarop God ʼn verbond met sy volk Israel gesluit het en aan hulle die tien gebooie gegee het. Hierdie berg is waarskynlik in die Sinaiwoestyn geleë wat aan die Sinai-skiereiland in die woestyn naby Egipte geleë is.

Registered
Skape
Registered
St. Petrusvis
Registered
Topaas

Topaas is ʼn ligte en deurskynende mineraal wat dikwels ligblou of geel van kleur is.

Registered
Wadi

ʼn Wadi is ʼn vallei met ʼn droë rivierbed in ʼn woestyngebied wat tydens die reënseisoen baie vinnig vol loop.

Registered
Wierook

Wierook is ʼn soort hars wat ʼn belangrike rol in en om die tabernakel en die tempel van Salomo gespeel het. Wanneer wierook gebrand word, stel dit ʼn aangename geur vry.

Bible Society of South Africav.4.28.1
VOLG ONS