Bible Society of South Africa

Leesplanne

Jou 24/7 Metgesel 22 episodes

Hierdie 21-dag leesplan vertel die verhale van die Heilige Gees as Bron van hoop wat altyd daar is om ons in ʼn stukkende en deurmekaar wêreld te help, lei, bemoedig, bekragtig, versterk en bewaar. Die Heilige Gees is ons 24/7 Metgesel in hopelose situasies en lei ons om in goddelike waarheid te lewe. Geniet u Bybelleesreis!

Dra vrug 20 episodes

Hierdie 19-dag leesplan vertel die verhale van die werk wat God in gelowiges se lewens doen, hoe ons as Christene God se koninkryk op aarde “sigbaar” kan maak, en hoe sy koninkryk binne ons ʼn invloed op ons en die wêreld kan uitoefen sodat ons kan vrug dra. Geniet jou Bybelleesreis!

Vers-’n-dag 343 episodes

Teken in op ons gewilde Vers-'n-dag dagstukkies wat elke maand deur verskillende skrywers geskryf word.

Juwele uit die Psalms 20 episodes

Hierdie 19-dag leesplan handel oor waardevolle lesse en juwele in die skatkis van die Psalms wat ons nader aan God bring en ons dikwels vertroos, versterk en opbou sodat ons God se onvoorwaardelike liefde, versorging en trou kan ervaar. Geniet jou Bybelleesreis!

Vreugde en seisoene 21 episodes

Hierdie 20-dag leesplan handel oor nuwe (geestelike) seisoene in ʼn mens se lewe en hoe om die lewe met vreudge en ʼn positiewe ingesteldheid te benader. Met behulp van die Here se krag en genade help Hy ons om krisisse en uitdagings te hanteer terwyl ons Hom met nuwe ywer dien, ons afhanklikheid van Hom besef, en alles to eers van sy Naam doen. Geniet jou Bybelleesreis!

Jesus in die Ou Testament 8 episodes

In hierdie 7-dag leesplan kom wys Jesus vir ons wie God werklik is. Ons begin by die Nuwe Testament en kyk na dit wat Jesus vir ons oor God leer. Daarna kyk ons na God in die Ou Testament en wat dit in ons lewens beteken.

Sewe dae van inspirasie uit Openbaring 8 episodes

Hierdie 7-dag leesplan uit Openbaring inspireer en versterk gelowiges om vas te staan in geloof.

Hy is altyd by jou 20 episodes

Hierdie 19-dag leesplan vertel die verhale van ʼn redelike God se belofte dat Hy vandag, net soos in die tyd van Jesaja, altyd by ons is en ons deur alle omstandighede dra. Geniet u Bybelleesreis.

Onthou sy krag en goedheid 24 episodes

Hierdie 23-dag leesplan vertel die verhale van God se krag en goedheid in ʼn sondige en gebroke wêreld. Geniet u Bybelleesreis.

Lydenstyd, opstanding en Christelike liefde 19 episodes

Hierdie 18-dag leesplan is ʼn oordenking van die lyding van Jesus, sy opstanding en die belangrikheid van Christelike liefde. Geniet u Bybelleesreis!

Bible Society of South Africav.4.13.13
VOLG ONS