Begin nuut … – Dag 17
Begin nuut ... vertrou God om jou ore oop te maak
Bybelteks(te)
LUKAS 4
Op ʼn dag het iemand hierdie videogreep
Besef jy dat ons ook soms, net soos Sarah, doof deur die lewe gaan? Nie doof in die sin dat ons nie klanke kan hoor nie, maar doof vir die stem van die Heilige Gees. Hy wil met ons praat en ons daagliks lei, maar as ons Hom nie in ons lewens innooi nie, bly ons doof vir sy stem.
Net so kan ons blind deur die lewe gaan. Nie blind in die sin dat ons nie kan sien nie, maar blind vir God se wonderwerke in ons lewens. In 2 Korintiërs 4:3-4 skryf Paulus dat die vyand ʼn sluier oor mense se oë wil trek sodat ons nie God se goedheid en die lig van die evangelie kan beleef nie.
Sukkel jy om God se stem te hoor of om sy goedheid rondom jou raak te sien? Luister dan na Jesus se woorde in Lukas 4:18 (Die Bybel vir almal-vertaling) waar Hy bevestig waarom hy aarde toe gestuur is: “Die Gees van die Here lei my. Die Here het my gesalf en gesê ek moet die goeie boodskap vir die arm mense bring. Hy het my gestuur om vir die gevangenes te sê hulle is vry, hulle kan uitgaan. Hy het my gestuur om vir die blinde mense te sê hulle sal weer kan sien. Ek moet almal vrymaak wat swaarkry”
Jesus het ons sondes aan die kruis weggeneem. Meer nog, ná sy hemelvaart het Hy die Heilige Gees as geskenk aan ons gegee om ons te vertroos en met wysheid te lei in elke situasie. Wanneer ons dus die Heilige Gees in ons lewens innooi en Hom vra om ons oë en ore oop te maak, mag ons dalk net soos Sarah in totale verwondering staan wanneer ons skielik sy stem hoor of sien waar God besig is om te werk.
Moenie langer uitstel nie, nooi die Heilige Gees sommer vandag in jou lewe in.