Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Die rol van bome in die Bybel – Dag 13

Die granaatboom — die geheel is beter as net dele daarvan

Bybelteks(te)

EKSODUS 28

31“Jy moet die mantel wat saam met die skouerkleed gedra word, as een stuk blou wolstof weef. 32In sy middel moet daar 'n opening vir die kop wees, die gat moet omgeboor wees, sterk soos 'n pantserhemp, dat dit nie kan skeur nie. 33Rondom die some moet jy granaatjies van blou, pers en bloedrooi wolstof maak met goue klokkies tussenin, 34afwisselend 'n goue klokkie en 'n granaatjie rondom die hele soom van die mantel.

EKSODUS 28:31-34AFR83Maak oop in die Bybelleser

Granate is eksotiese, pragtige vrugte wat heel anders as enige ander vrug is. Hulle is omtrent die grootte van ʼn appel met ʼn harde leeragtige rooi of pienk skil. As jy ʼn granaat oopsny, sal jy sien dat die binnekant verdeel is deur ʼn bitter, wit gedeelte vol honderde sappige rooi pitte. In 1 Konings 7:13-22 lees ons ook van die granate wat op die twee pilare voorkom wat opgerig is by die ingang van die voorportaal van die tempel wat koning Salomo in Jerusalem gebou het.

Vir baie mense is die granaat simbolies. In die vroeë Joodse geloof is daar geglo dat die granaat tot 613 pitte het — een vir elk van die wette in die Tora. Die granaat word ook dikwels gesien in skilderye en standbeelde van die maagd Maria en baba Jesus waar dit baie keer dui op die opstanding en die ewige lewe.

In die vroeë Christelike kerk was die granaat ʼn simbool van die kerk. Die baie pitte verteenwoordig die baie gelowiges wat een algemene Christelike kerk vorm.

Elke pit, soos elkeen van ons, is volledig, maar saam vorm dit ʼn volmaakte geheel.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS