Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Die rol van bome in die Bybel – Dag 16

Die olyfboom — deur God gesalf

Bybelteks(te)

1 SAMUEL 10

1Nadat die slaaf vooruitgeloop het, het Samuel 'n kruik olie gevat en dit oor Saul se kop uitgegiet, hom gesoen en gesê: “Die Here het jou tot regeerder oor sy besitting gesalf.

1 SAMUEL 10:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

1 JOHANNES 2

20Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid.

1 JOHANNES 2:20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Nog ʼn belangrike boom in Israel was die olyfboom. In die Bybel word dié boom as simbool vir die nasie Israel gebruik (Romeine 11:15-25). Die vrugte van die olyfboom was ʼn belangrike bron van handel in Israel. Hierdie boom word soms gebruik as ʼn simbool van vrede, voorspoed en rykdom (Psalm 128). Die ekonomiese waarde is verder verhoog deur die feit dat die grond van die groot riviervalleie van Egipte en Mesopotamië nie geskik was vir die verbouing van olywe nie; olyfolie was dus een van Israel se gesogte uitvoerprodukte. Salomo het vier duisend vier honderd liter van die suiwerste olyfolie aan Hiram gelewer (1 Koning 5:11).

Olyfolie is ook gebruik om profete, priesters en konings te salf. In 1 Konings 19:16 lees ons dat Elisa as profeet gesalf is, in Levitikus 8:12 word Aäron as priester gesalf en in 1 Samuel 16:13 word Dawid as koning gesalf.

Jy dink miskien jy is nie so belangrik soos enige van hierdie Bybelse karakters nie, maar as Christen is jy ook gesalf — en met iets kosbaarder as olyfolie, deur die Heilige Gees. God het sy Heilige Gees op ons uitgestort met die belofte van die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het (Efesiërs 1:18). Soos olyfolie gebruik is in lampe om lig te verskaf sodat mense in die donker kon sien, so verskaf die Heilige Gees lig sodat ons die Waarheid kan sien en ken.

Bible Society of South Africav.4.25.3
VOLG ONS