Die rol van bome in die Bybel – Dag 20
(Nie) die kornoelieboom — die kruis van Christus
Bybelteks(te)
1 PETRUS 2
GALASIËRS 3
Daar is ʼn legende wat lui dat hout van die kornoelieboom gebruik is vir Jesus se kruis. Dit lui verder dat met sy dood het Christus die blomme van hierdie boom so verander dat dit ons aan sy lyding sal herinner: twee lang en twee korter kroonblare met iets wat soos spykermerke lyk op die kroonblare. Dit is ʼn mooi storie, maar die waarheid is dat daar geen bybelse of botaniese bewyse hiervoor is nie. Ons weet nie watter soort boom gebruik is nie, en dit maak nie saak nie.
Wat wel saak maak is dat Jesus ons losgekoop het van die vloek van die wet deur sy dood aan die kruis. Deurdat Hy die volmaakte offerhande geword het, hoef ons nie meer die straf vir die sonde — die dood — te betaal nie. Die kruis was die plek waar Jesus ons sondes gedra het en deur sy lyding die dood oorwin het, sodat Hy ʼn nuwe lewe kan gee aan ʼn wêreld vol sonde en dood (Openbaring 22:14).
Christus het vir ons aan die houtkruis gesterf en deur sy dood en opstanding is dit vir ons moontlik om ʼn lewende verhouding met God te hê. Ons almal het Jesus nodig om ons van ons oortredings te reinig. Ons het Hom nodig om ons gebrokenheid te herstel. Ons het Hom elke dag nodig om ons te lei.