Genesing vir die pyn van verkragting en misbruik – Dag 3
Tamar se lewe aan flarde
Bybelteks(te)
2 SAMUEL 13
As ʼn jong maagd was die verkragting waarskynlik vir Tamar onsettend pynlik. Haar vernedering was egter erger as die verkragting.
Nadat die slaaf haar uitgesit en die deur gesluit het, het Tamar stof op haar kop gegooi. Sy het haar lang mantel geskeur, haar hand op haar kop gesit en sover sy loop, het sy geskreeu.