Bible Society of South Africa

Genesing vir die pyn van verkragting en misbruik – Dag 1

Prinses verkrag

Bybelteks(te)

2 SAMUEL 13

5Jonadab het hom toe aangeraai: “Gaan lê op jou bed en maak of jy siek is. As jou pa dan kom kyk hoe dit gaan, moet jy vir hom sê: Laat my suster Tamar tog vir my iets te ete bring. Laat sy die ete hier by my kom voorberei dat ek dit kan sien, want ek wil uit haar eie hande eet.”

6Amnon het gaan lê en hom siek gehou. Toe die koning kom kyk hoe dit gaan, het Amnon vir hom gevra: “Laat my suster Tamar tog asseblief vir my twee hartvormige broodjies hier voor my kom bak sodat ek dit uit haar hande kan eet.”

2 SAMUEL 13:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

2 SAMUEL 13

7Dawid het 'n boodskap na Tamar by haar woonplek gestuur: “Kom tog na jou broer Amnon se woonplek toe en berei vir hom 'n ete voor.”

2 SAMUEL 13:7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Om die die eeue oue verhaal van Tamar se verkragting te lees, ruk jou aan die hart, veral as ʼn mens gekonfronteer word met die verkragting self en die rou emosie wat in die teks tot uitbarsting kom. Tog staan hierdie verhaal in die Bybel geskryf, nie net om die verval van Dawid se huishouding te ontbloot nie, maar ook om te wys dat dié wat seksueel aangerand en misbruik is, nie alleen is in hulle gevoel van skaamte, verwerping en verlatenheid nie.

Tamar was die dogter van koning Dawid. Haar halfbroer Amnon was “siek van begeerte” na sy suster wat ʼn maagd was. Toe kom sy vriend Jonadab met ʼn slinkse plan vorendag:

“Gaan lê op jou bed en maak of jy siek is. As jou pa dan kom kyk hoe dit gaan, moet jy vir hom sê: Laat my suster Tamar tog vir my iets te ete bring.” …

Amnon het gaan lê en hom siek gehou. Toe die koning kom kyk hoe dit gaan, het Amnon vir hom gevra: “Laat my suster Tamar tog asseblief vir my twee hartvormige broodjies hier voor my kom bak sodat ek dit uit haar hande kan eet.”

In ʼn samelewing waar vroue min regte geniet het, dink Dawid niks daarvan om sy dogter opdrag te gee om te maak soos Amnon vra nie, ten spyte daarvan dat ʼn jongmeisie nie in die geselskap van mans kon verskyn nie.

Dawid het ʼn boodskap na Tamar by haar woonplek gestuur: “Kom tog na jou broer Amnon se woonplek toe en berei vir hom ʼn ete voor.”

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS