Hoe om te leef – Dag 14
Lof vir ‘n nuwe seisoen.
Bybelteks(te)
PREDIKER 3
Elke ding het sy vaste tyd
PREDIKER 3
EFESIËRS 3
PSALMS 19
PSALMS 19
PSALMS 104
Ek wil my in die Here verbly
PSALMS 104
PSALMS 104
PSALMS 104
PSALMS 104
Die seisoen breek oop in nuwe lewe. Botsels groen, wit en pienk tooi tydsaam die kroon van winterkaal bome totdat hulle op ‘n dag soos kaalvoet bruide op die bries van die wind begin dans en skaamteloos spog met hul nuwe blaar-of bloeiseldos. Die lug ruik skielik anders, is blouer, skoner. Dis Oktobermaand.
Oktobermaand, die mooiste mooiste maand!
In ‘n volgepropte lewe het ons soms nodig om intensioneel in ons waardering van die skepping om ons te wees. Die natuur is immers die één onbetwisbare realiteit wat ons aandag vestig op die “ryke verskeidenheid van die wysheid van God” (Efesiërs 3:10).
Dawid kon dit regkry, daarom besing hy God se selfopenbaring in die natuur: “Die hemele getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Vir die son is daar in die hemel ‘n tent opgeslaan. As hy stralend begin om om sy baan te volg, is hy soos ‘n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom” (Psalm 19:2,5-6).
By aanskoue van die grootheid van die natuur, die skepping, staan ‘n mens stom in verwondering. Daar word jy pynlik bewus van jou eie nietigheid en sterflikheid en weet jy God is die Skepper en Onderhouer daarvan…. ook van jou! Dan wil jy saam met die Psalmkrywer die lied van die skepping sing: (Psalm 104:1,10-11,14,19,24)
“Loof die Here, o my siel! Here my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed
U laat fonteine in valleie ontspring en tussen die berge deur stroom. Daar kom al die wilde diere drink U laat gras uitspruit vir die diere, en groen plante vir die mens sodat hy kos uit die aarde kan kry U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee, die son weet wanneer om onder te gaan U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep.”
As jy vandag wonder of ‘n nuwe seisoen ooit in jou lewe gaan aanbreek, kan jy maar net kyk na God se betrokkenheid by sy skepping om vir seker te wéét ‑ jy is die kroon van sy skepping en weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese. Daarom sál jou nuwe dag en blomseisoen ook aanbreek.