Bible Society of South Africa
Benescke Janse van Rensburg

Is jy dankbaar? – Dag 16

Dankbaar vir wysheid en leiding

Bybelteks(te)

JAKOBUS 1

5As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.

JESAJA 30

21Wanneer jy die regte koers verlaat,

sal jy agter jou 'n stem hoor sê:

“Hier is die pad, loop hierlangs.”

JESAJA 30:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

SPREUKE 3

5Vertrou volkome op die Here

en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

6Ken Hom in alles wat jy doen

en Hy sal jou die regte pad laat loop.

SPREUKE 3:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

MATTEUS 6

33Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

MATTEUS 6:33AFR83Maak oop in die Bybelleser

Moet jy vandag belangrike besluite neem? Moet jy byvoorbeeld besluit of jy gaan trek, van werk gaan verander, trou, met ʼn gesin gaan begin, of ʼn groot belegging gaan maak? Of moet jy dalk besluit hoe jy teenoor jou rebelse tiener gaan optree, hoe jy jou gebroke huwelik gaan herstel of hoe jy jou leefstyl gaan aanpas om gesonder te leef?

Hoe neem jy hierdie besluite? Vra jy God vir raad en leiding en vertrou die vrede of onvrede wat die Heilige Gees jou in die besluit gee of lig jy Hom bloot in van jou besluit nadat jy dit self geneem het?

Hoe weet ons ons kan God vir wysheid vra? In Jakobus 1:5 staan geskryf: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.” Het jy die vrymoedigheid om God te vra om jou te lei?

Hoe weet ons dat God werklik met ons praat? In Jesaja 30:21 staan geskryf: “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ʼn stem hoor sê: ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’ ” Die Heilige Gees is heeldag tot ons beskikking om ons te lei. Hy doen dit meestal met vrede of onvrede in ons gemoed. Is jy ingestel om te luister as Hy praat?

Wat is die waarde om God in jou besluite te ken? In Spreuke 3:5-6 staan geskryf: “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.” Ook in Matteus 6:33: “… soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”

God ken die toekoms. Hy kan ons dus met wysheid verby die potensiële slaggate op ons roete lei. Gaan jy in dankbaarheid hiervoor vra en Hom vertrou om jou te lei? Sterkte.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS