Bible Society of South Africa
Quintus Heine

Lydenstyd, opstanding en Christelike liefde – dag 7

Jesus se opstanding gee vir jou ʼn lewensdoel

Bybelteks(te)

JOHANNES 20

Jesus verskyn aan sy dissipels

19Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!”

20Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien.

JOHANNES 20:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die animasiefilm Finding Nemo het destyds die wêreld aangegryp. Indien jy dit nog nie gesien het nie – dit is die moeite werd om te kyk!

In die film is daar ʼn aangrypende oomblik. Die klein Nemo is in ʼn visbak by die tandarts vasgevang. Hy is moedeloos en besluit daar is vir hom geen hoop nie. Toe verskyn die pelikaan by die tandarts se venster met die nuus dat Nemo se pa na hom soek en besig is om Sydney toe te swem om hom te red! Net daardie brokkie nuus was vir Nemo genoeg! Skielik verander sy hele gesindheid. Hy is weer lus om te veg en planne te maak om daar weg te kom – wat hy ook regkry! Wat het sy gesindheid so laat verander?

Die boodskap dat sy pa na hom soek en nie sal moed opgee totdat hy gevind is nie! Dit het hom hoop gegee en ʼn nuwe lewensdoel.

Ons lees in die Bybel dat Jesus se dissipels ná sy dood baie mismoedig was. Hulle het gedink alles waarvoor hulle geveg het en waarvoor Jesus gestaan het, was tevergeefs! Niks was nou meer die moeite werd nie! Die boodskap van hoop het met Jesus se dood verdwyn!

Toe verskyn die opgestane Jesus aan hulle en hulle besef: Hy het werklik opgestaan uit die dood soos Hy belowe het. Dit het hulle hele lewensuitkyk verander. Skielik is hulle bereid om doelgerig die wêreld in te gaan en van Jesus se redding te vertel!

Wat het hulle uitkyk verander? Hulle het besef dat Jesus se beloftes waar was, dat Hy werklik opgestaan het en die bande van die dood verbreek het. Nou het hulle iets gehad om doelgerig voor te leef. Van toe af was die dood nie meer die einde nie, maar ʼn nuwe begin.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS