Bible Society of South Africa
Louise Gevers

Maak ʼn verskil – Dag 9

Oorwin die kwaad om ʼn verskil te maak

Bybelteks(te)

1 PETRUS 1

14As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie.

1 PETRUS 1:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

EFESIËRS 6

11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.

EFESIËRS 6:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

1 JOHANNES 4

4Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.

1 JOHANNES 4:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

1 JOHANNES 5

Ons ken die ware God

18Ons weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie.

1 JOHANNES 5:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

“As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie.” 1 Petrus 1:14

In die wêreldwye geveg teen die kwaad, moet ons ons vyand en ons wapens ken. Sal ʼn soldaat oorlog toe gaan sonder ʼn geweer? Sal ʼn volgeling van Jesus die geestelike gevegte sonder ʼn Bybel veg? Beide moet instruksies en opleiding ontvang ten einde sukses te behaal.

Onderwys word hoog geag in ons samelewing want dit voorsien ʼn nuwe begrip van die lewe en bring voordele op verskillende vlakke. Ten spyte van die Engelse spreekwoord, “ignorance is bliss”, is onkunde nie altyd goed nie. Om onbewus van iets te wees, kan tot jou nadeel wees en jy kry dikwels nie iets nie omdat jy nie van beter weet nie.

Iets soortgelyks gebeur wanneer ons kinders van God word. Ons aanvaar die Evangelie en word weer gebore in ʼn nuwe lewe en ontvang ʼn nuwe begrip van krag wanneer ons ons harte vir Jesus Christus gee. Hy verander ons geestelike donkerte wanneer Hy ons met sy Gees vervul en Hy gee aan ons krag om die bose begeertes van ons ou self af te lê. Soos ons deur die lees van die Bybel groei, verwyder Hy ons onkunde en ons draai doelbewus weg van die wetteloosheid en begeertes wat vroeër ons lewens regeer het en wat ons uit eie wil gedoen het.

Petrus ken die druk waaronder Christene in die aangesig van vervolging verkeer en hy weet dat almal ʼn swakheid het wat hulle aandag van God aftrek. Hy moedig ons aan om vas te hou aan die Here se waardes sodat ons nie terugval op ons ou weë nie. Net soos iemand wat ʼn dieet volg weer al die gewig gaan aansit indien hy in sy ou eetgewoontes terugval, so is die Christen in gevaar om sy vastrapplek en fokus op Jesus te verloor as hy in korrupsie verval, of dinge doen wat nie tot eer van God is nie.

Ons erken nie altyd die dinge in ons wat ons teruglok na die verkeerde en wat ons skade kan aandoen nie. Soos ons ʼn doelbewuste besluit geneem het om Jesus te volg, moet ons ook ʼn doelbewuste besluit neem om weg te draai van ons ou lewe.

Ons moet proaktief wees. Paulus se raad aan sy lesers is: “Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.” (Efesiërs 6:11) Deur dit te doen volg ons Jesus se volmaakte voorbeeld. Johannes sê: “Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.” (1 Johannes 4:4) Later sê hy: “Ons weet dat iemand wat uit God gebore is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom, en die duiwel kry geen houvas op hom nie.” (1 Johannes 5:18)

Dit is wonderlike bemoediging vir ons!

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS