Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Mense betrokke by die geboorte van Jesus – Dag 7

Simeon

Bybelteks(te)

LUKAS 2

Simeon en Anna by die tempel

25Daar het destyds 'n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom, en het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel. Die Heilige Gees was op Simeon 26en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie. 27Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe. Toe die ouers die Kindjie Jesus bring om vir Hom die gebruiklike bepaling van die wet na te kom, 28het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê:

LUKAS 2:25-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

Veertig dae na die geboorte van Jesus, het Maria en Josef hom na Jerusalem geneem vir die reinigingseremonie. Dit was standaardpraktyk vir Hebreeuse vroue om ʼn eersgebore seun na die tempel te neem en ʼn reinigingsoffer te bring (Lukas 2:24).

By die tempel het hulle Simeon ontmoet. Dit word aanvaar dat hy ʼn bejaarde man was, maar die Bybel sê dit nie pertinent nie. Lukas sê ook nie of hy ryk of arm was nie. Daar is egter een belangrike ding wat ons van Simeon weet, en dit is dat hy elke dag van sy lewe en werk uitgesien het na die koms van die Verlosser van Israel (Lukas 2:25). Baie van sy volksgenote het reeds moed opgegee dat die Messias sou kom, maar Simeon het steeds sy koms verwag.

Ons lei af dat Simeon nie beplan het om op daardie spesifieke dag na die tempel toe te gaan nie. God wou dit egter anders hê. Ons weet dat die Heilige Gees hom gelei het om te gaan, maar ons weet nie hoe nie — miskien het ʼn buurman hom genooi om saam te gaan, of sy vrou het hom ʼn bietjie aangemoedig — Simeon was egter duidelik bewus dat hy kerk toe moes gaan. En toe hy daar aankom, het hy presies geweet hoekom hy daar moes wees. Die Verlosser op wie hy so lank gewag het, was daar.

Om te wag, is nie iets waarmee ons deesdae baie goed is nie. Wanneer ons wag, is dit al te veel of ons net rondstaan en niks doen nie. Maar om ʼn Christen te wees, beteken om te wag — om geduldig te wag. Geduld volg geloof (2 Timoteus 3:10; Hebreërs 6:12) — geloof in die oomblik en hoop vir die toekoms.

Kom ons leer by Simeon. Die Here wil nie hê dat ons moet rondjaag en toenemend angstig en gestres raak nie. Hy vra dat ons moet wag.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS