Oorlog en vrede – Dag 6
Ewige vrede
Bybelteks(te)
JESAJA 9
Soos die profeet Jeremia, uit gister se dagstukkie, skets die profeet Jesaja ʼn prentjie van hoop. Die volk van God het deur ʼn moeilike tyd gegaan, maar Hy het die laste van die mense verlig. Die geweld wat hulle in die gesig gestaar het, het tot ʼn einde gekom. God maak die grootste belofte: Daar sal ʼn koning kom wat vrede en geregtigheid tot stand sal bring. Hy word Vredevors genoem, en daar sal geen einde aan sy vrede wees nie. Dit is die perspektief wat Jesaja bied, selfs vandag. Oorlog en geweld sal verbygaan en God sal ewige vrede voorsien.
Die koning wat God belowe word vier name genoem: Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, en Vredevors.
Kan jy dink wat elke naam oor God en oor die beloofde koning sê?