Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 81
Spreuke 11:23
Bybelteks(te)
SPREUKE 11
Spreuke kontrasteer die begeertes van die regverdige en die verwagting van die goddelose. Die regverdige begeer net die goeie. Die goddelose kan net straf verwag (vgl Spr 10:24,28). Die tweede deel van die vers kan ook so verstaan word dat die goddelose ander gestraf wil sien: “Troublemakers hope to stir up trouble.” (CEV).