Vergifnis – Dag 4
Die groot versoendag is een van die godsdienstige feeste wat die Jode steeds jaarliks vier, op die tiende dag van die sewende maand op die Joodse kalender.
Bybelteks(te)
LEVITIKUS 16
Die jaarlikse versoening
Die groot versoendag
Hierdie dag was ʼn manier waarop al die sondes van ʼn individu vergewe kon word. Dit het begin met die hoëpriester wat boetedoening namens homself, sy gesin en sy huis gedoen het. Twee bokke is gekies — een is as sondeoffer gebring, terwyl die boosheid van die volk Israel op die ander bok geplaas is. Hierdie bok is weg van die volk in die woestyn ingejaag.
Hierdie versoening was vir al die sondes in totaliteit — selfs die andersins onvergeeflike oortredings van die wet, omdat God vergewe!