Bible Society of South Africa

Hoop vir gevangenes – 21 Augustus 2020

Deur Xanthe Hancox

Bybelteks(te)

HEBREËRS 13

3Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word.

HEBREËRS 13:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Wat beteken dit om iemand te onthou? Beteken dit net ons moet aan hulle en hulle omstandighede dink en miskien vir hulle bid?

In Eksodus 2:24 lees ons dat toe God se volk slawe in Egipte was, het Hy aan hulle en die verbond met hulle “gedink”, wat hier onthou beteken. Dit beteken nie dat God van hulle vergeet het en hulle skielik toe hulle in nood was, weer onthou het nie. Alhoewel ons nie altyd God se weë verstaan nie, kan ons verseker wees dat Hy altyd oor ons die wag hou. Deur ‘n verbond te onthou, beteken dikwels dat daar namens die mense opgetree sal word. En soos ons weet, het God opgetree deur sy volk van slawerny te bevry. Ieksodus 12)

Wanneer God ons roep om aan die gevangenes te dink, vra Hy ons om hulle te help.

Nadat Hy se volk van slawerny bevry het, het God sy gelofte met hulle hernu deur beloftes van hoop te sluit en aan hulle te wys hoe om danbare lewens te lei. Aangesien die Here aan sy volk in hulle nood gedink het, vra Hy hulle om veral aan die armes en diegene in nood te dink.

Regdeur die Ou Testament vind ons die oproep om aan die weduwees, wese, mense wat honger is, diegene sonder ‘n dak oor hulle koppe en die gevangenes te dink en hulle te help.

En in die Nuwe Testament het Jesus ook diegene wat in “kettings” was bevry. Selfs aan die kruis, voor Hy sy laaste asem uitblaas, gee Hy die ewige hoop aan ‘n ter dood veroordeelde wat vir Hom gevra het: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” Jesus het Hom geantwoord: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” (Lukas 23:43)

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika voorsien gratis Bybels aan gevangenes, Jy kan meer hier lees oor hierdie projek en hoe dit troos en hoop bring aan diegene wat van hulle vryheid ontneem is.

Gebed: Here, vandag dink ons aan die miljoene mense regoor die wêreld wat in die tronk is. Ons bid vir hulle en vra dat u Kerk hier op aarde na hulle sal uitreik en hulle help. Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS