Hoop waarop ons geduldig wag – 19 Augustus 2020
Deur Xanthe Hancox
Bybelteks(te)
ROMEINE 8
Ons weet waarvoor ons wag – ons ewige erfenis – maar dit is belangrik om te weet hoekom ons wag sodat ons nie hoop verloor nie. Petrus het dit verduidelik aan sy broers in Christus wat op Jesus se terugkeer gewag het: “Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.” (2 Petrus 3:9)
Paulus vra ook dat ons ‘n ewigheidsperspektief in gedagte moet hou. Hyself het ook daarna verlang om met Christus verenig te word, maar hy het geweet dat om in hierdie wêreld te bly, vir diegene om hom tot groter voordeel sou wees. “Ek is in ‘n tweestryd: ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; maar in julle belang is dit noodsaakliker dat ek bly lewe.” (Filippense 1:23-24) Paulus het geweet dat om te bly leef, het beteken dat mense Christus kon sien en vir ewig verander kon word.
Hoop is dus noodsaaklik vir lewe, en hoop met geduld sal ons op die taak gefokus hou. Laat ons ons verbly in die hoop waartoe ons geroep is. Mag ons die vrede wat net God kan bring, ondervind en mag ons die krag van die Heilige Gees in oorvloed ontvang sodat ons, terwyl ons geduldig wag, soos Christus in hierdie wêreld kan wees.
Gebed: Here, ek dank U vir u getroue beloftes. Leer my om geduldig te wag en laat u wil hier op aarde geskied. Amen