Sout en lig – 14 Maart 2022
Deur Xanthe Hancox
Bybelteks(te)
MATTEUS 6
Christene worstel reeds eeue oor hoe ons betrokke moet wees in die wêreld om ons. Vandag se gelykenis help ons om dit beter te verstaan.
In antieke kulture het sout baie doeleindes gedien. Aangesien dit ‘n preserveermiddel is, is dit dikwels as ‘n lewegewende middel beskou. God het sy volk beveel om sout by al hulle graanoffers te gooi. (Levitikus 2:13) Die sout was ‘n teken van God se lewegewende verhouding met sy volk.
Maar hierdie metafore (sout en lig) bevat ook ‘n waarskuwing. Sout wat verslaan, verloor sy southeid. Dit is ook waar van ons. Indien ‘n lamp of kers bedek word, gaan dit uiteindelik die vlam uitdoof. Deur verkeerde gewoontes of verwaarlosing van ons geloofslewe, gaan ons lig flouer en flouer word totdat daar slegs ‘n flikkerliggie oorbly.
Jesus sê dat ons lewegewende middels in hierdie gebroke wêreld is. God roep ons om hernuwing in politiek, wetenskap, kuns, opvoeding en op elke moontlike terrein van ons moderne wêreld te bring. Wanneer ons ons Christelke geloof op alle terreine van die samelewing uitleef, gee ons die wêreld ‘n voorsmakie van die wêreld wat kom. Hierdie is nie net ‘n menslike poging nie. Dit is die uitvloeisel van dit wat God deur Jesus in ons begin het.
God het sy belofte gehou om die wêreld te bewaar, selfs al het dit beteken dat Hy sy Seun na die kruis moes stuur. Hy verwag nou van ons om sout en lig in hierdie wêreld te wees. Hoe gaan jy dit vandag doen?
Gebed: Getroue God, U het hierdie gebroke wêreld bewaar teen ‘n prys wat ons ons nie kan indink nie. Help ons om ons geloof uit te leef sodat die wêreld iets van u lewegewende krag in ons kan sien. Amen