Bible Society of South Africa

Wandel met God – Dag 21

Wandel met God – as ʼn persoon wat verander is: Paulus

Bybelteks(te)

2 KORINTIËRS 12

7selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. 8Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

2 KORINTIËRS 12:7-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

JAKOBUS 5

17Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie.

JAKOBUS 5:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

FILIPPENSE 1

21want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.

FILIPPENSE 1:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ʼn doring in die vlees gegee, ʼn boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: ‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’ ” 2 Korintiërs 12:7-9

Niemand is regverdig of volmaak nie, al probeer ons hoe hard. Ons is almal swak en ons misluk want ons deel in die menslike toestand wat deur sonde veroorsaak word; selfs eenvoudige dinge is vir ons moeilik om uit eie krag te doen. Ons benodig God se genade en sy krag in ons lewens. Miskien was dit vir jou ʼn verrassing om gister te lees dat die belangrike Elia “was ʼn mens net soos ons.” (Jakobus 5:17) Deur hierdie stelling verduidelik Jakobus egter dat elke mens die potensiaal het om vir God wonderlike dinge te doen, want Hy werk deur gewone mense.

Jesus het aan sy dissipels vertel dat hy nog groter dinge gaan doen as wat Hy reeds gedoen het! As volgelinge van Christus voel ons soms so neerslagtig want ons getuienis is so swak, maar selfs Elia was soms terneergedruk al het God so kragtig deur hom gewerk. Miskien wil God nie noodwendig iemand uit die dood opwek of ʼn droogte begin soos in die geval van Elia nie, maar deur ʼn gehoorsame hart sal Hy doen wat die tyd en omstandighede regverdig.

Hiervan is die apostel Paulus ʼn uitstekende voorbeeld. Op pad na Damaskus is Saulus, die voormalige Fariseër, deur sy ontmoeting met Jesus heeltemal verander (Handelinge 9:3). Paulus het voor en na sy bekering toegewyd vir God gewerk, maar eers na sy ontmoeting met Jesus het dit werklike betekenis gekry. Deur God se genade het die dramatiese verspreiding van die Christendom plaasgevind deur die man wie se plan dit was om dit te vernietig!

Voorheen was Paulus ʼn moordenaar wat mislei was, maar daarna was hy ʼn inspirerende boodskapper wat die weergalose geskenk van vergifnis en ewige lewe deur Jesus Christus aan die wêreld verkondig het. Paulus het onvermoeid gewerk om die evangelie te verkondig. Hy het dikwels swaargekry, maar sy leuse was altyd: “want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.” (Filippense 1:21)

En tog leer ons uit vandag se teks dat Paulus steeds ʼn probleem gehad het wat hy, ten spyte van gebed, nie kon oorkom nie. Kan jy hiermee vereenselwig?

Die Here het Paulus gehelp om te verstaan dat hierdie “doring in die vlees” sy voete op die grond gehou het en hom gehelp het om nie hoogmoedig te word nie; dit het hom gehelp om die Here ten volle te vertrou in stede van om op sy eie krag staat te maak.

God se genade is ook vir ons genoeg – dit maak nie saak wat ons “doring” is nie. Deur sy groot plan kan ons vrede hê en in alle omstandighede ons in ons swakheid verbly. Ons moet hierdie goeie nuus met ander deel sodat almal sy genade kan ken (Matteus 28:19-20).

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS