Bible Society of South Africa

Word jy bedreig deur gesinsgeweld? – Dag 2

Die skande van mishandeling

Bybelteks(te)

GENESIS 1

27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

GENESIS 1:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

PSALMS 139

13U het my gevorm,

my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

14Ek wil U loof,

want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.

Wat U gedoen het,

vervul my met verwondering.

Dit weet ek seker:

PSALMS 139:13-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

As ʼn mishandelde persoon ervaar jy waarskynlik ʼn diep gevoel van skaamte wat jou laat glo dat jy nie werd is om liefde te ontvang nie.
Tog verseker die Bybel jou dat jy volmaak na God se beeld geskep is.

God het die mens geskep
na sy beeld,
na die beeld van God
het Hy hom geskep,
manlik en vroulik
het Hy hulle geskep.

God het jou met eindelose sorg aanmekaar gesit:

Dit is immers U wat my niere
geskep het,
my in die moederskoot
geweef het.
Ek prys U omdat ek
op ʼn ontsagwekkende,
wonderbaarlike wyse gemaak is.
Wonderbaarlik is u werke
en ek besef dit maar te goed.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS