Bible Society of South Africa

Welkom by die nuwe en beter BibleSA

Die ontwikkelingspan het hard gewerk om die algehele BibleSA-ervaring te verbeter en het nuwe kenmerke bygevoeg soos versoek deur ons gewaardeerde BibleSA-gemeenskap.

Hoogtepunte van wat jy kan verwag:

NUUT

  • Kopiëring van teks kan op twee maniere gedoen word:
    1. 1.Sleep-merk kopieëring. Merk teksverse, gebruik 'control en c' om te kopieer en 'control v' om teks in enige dokument te plaas of regs klik op die muis, kies die kopieer opsie en plaas die teks.
    2. 2.Volg die volgende stappe:
      • Klik op die eerste vers wat u wil kopieer. Die geselekteerde vers sal in ligblou beklemtoon word.
      • Klik dan op die laaste vers van die gedeelte wat u wil kopieer. Die hele geselekteerde gedeelte sal dan in ligblou beklemtoon word.
      • Onderaan die skerm sal 'n venser verskyn met opsies om die gedeelte te kopieer, deel, beklemtoon of ‘n nota te maak.
      • Kies kopieer en in die venster wat dan oop maak, klik op die blou kopieer-knoppie onder die opsies (die opsies kan geklik word indien nodig). Daar sal 'n regmerkie in die kopieer-knoppie verskyn wanneer die teks suksesvol gekopieer is.
      • Die geselekteerde teks is dan gereed om in 'n dokument geplaas te word.

  • Oudiobybels sal aanlyn in ons amptelike tale beskikbaar wees. Sien die oudio-ikoon in die Lees die Bybel-afdeling. Wanneer jy op die ikoon klik sal ’n maklik-om-te-gebruik navigasiebalk verskyn wat jou in staat stel om na verskillende dele in die oudio te beweeg en selfs die klankspoed te verander.

  • Vertoon jou notas en gemerkte tekste.

ANDER

  • Maklike navigasie tussen verskillende Bybelboeke, voeg bykomende Bybelvertalings by om dit in Lees die Bybel-afdeling te vergelyk en meer.

  • Beweeg heen en weer tussen Maklike en Gevorderde modus (afhangende van hoeveel inligting jy in die Bybelteks wil sien) om jou leeservaring aan te pas. Jy sal steeds jou voorkeur lettertipe en grootte van lettertipe kan kies.

  • Aktiveer en vertoon bykomende agtergrondinligting oor die Bybelgedeelte wat jy lees.

  • Verbeterings aan gemerkte teks, notas en deelopsies.

  • Makliker gebruikerskoppelvlak-taalkeuses in die boonste menubalk.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS