PSALM 15
Wie mag vertoef in u tent, o Here?
1'n PSALM van Dawid.
Here, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?
2Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
3wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
4in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die Here vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
5wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2012. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling met Deuterokanonieke Boeke
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953, 1965. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2015. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.