Dawid verdeel die priesters in vier-en-twintig klasse
1Ook die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar.
2Maar Nadab en Abihu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleasar en Itamar die priesteramp bedien het.
3En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleasar, en Ahimeleg, uit die seuns van Itamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.
4Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleasar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Itamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleasar sestien familiehoofde en vir die seuns van Itamar volgens hulle families agt.
5En hulle het hul deur die lot verdeel, die een sowel as die ander; want daar was heilige vorste en vorste van God uit die seuns van Eleasar en onder die seuns van Itamar.
6En Semaja, die seun van Netaneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahimeleg, die seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleasar, en telkens weer vir Itamar.
7En die eerste lot het uitgekom vir Jojarib, die tweede vir Jedaja,
8die derde vir Harim, die vierde vir Seorim,
9die vyfde vir Malkia, die sesde vir Mijamin,
10die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abia,
11die negende vir Jesua, die tiende vir Seganja,
12die elfde vir Eljasib, die twaalfde vir Jakim,
13die dertiende vir Huppa, die veertiende vir Jesebeab,
14die vyftiende vir Bilga, die sestiende vir Immer,
15die sewentiende vir Hesir, die agttiende vir Happisses,
16die negentiende vir Petagja, die twintigste vir Esegiël,
17die een-en-twintigste vir Jagin, die twee-en-twintigste vir Gamul,
18die drie-en-twintigste vir Delaja, die vier-en-twintigste vir Maäsja.
19Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die Here te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die Here, die God van Israel, hom beveel het.
Hoofde van die kinders van Levi
20Wat die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Subael; van die seuns van Subael: Jegdeja.
21Wat Rehabja betref, van die seuns van Rehabja: Jissia, die hoof.
22Van die Jishariete: Selomot; van die seuns van Selomot: Jahat.
23En die seuns van Hebron: Jeria, die eerste; Amarja, die tweede; Jahasiël, die derde; Jekameam, die vierde.
24Die seuns van Ussiël: Miga; van die seuns van Miga: Samir.
25Die broer van Miga was Jissia; van die seuns van Jissia: Sagaria.
26Die seuns van Merari was Magli en Musi; die seuns van sy seun Jaäsia.
27Die seuns van Merari deur sy seun Jaäsia was Soham en Sakkur en Hibri.
28Van Magli: Eleasar; dié het geen seuns gehad nie.
29Wat Kis betref, die seuns van Kis was Jeragmeël.
30En die seuns van Musi was Magli en Eder en Jerimot. Dit was die seuns van die Leviete volgens hulle families.
31En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahimeleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.