Nehemia stel wagte op in die stad Geslagslys van dié wat saam met Serubbabel uit die gevangenskap gekom het
1En toe die muur gebou was, het ek die deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is aangestel.
2En ek het my broer Hanani en Hananja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel — want hy was 'n getroue man en godvresend bo baie —
3en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.
4En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.
5Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om 'n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van dié wat eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:
6Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnesar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;
7wat saam met Serubbabel, Jesua, Nehemia, Asarja, Raämja, Nahamani, Mordegai, Bilsan, Misperet, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:
8die kinders van Parhos, tweeduisend eenhonderd twee-en-sewentig;
9die kinders van Sefatja, driehonderd twee-en-sewentig;
10die kinders van Arag, seshonderd twee-en-vyftig;
11die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jesua en Joab, tweeduisend agthonderd-en-agttien;
12die kinders van Elam, duisend tweehonderd vier-en-vyftig;
13kinders van Sattu, agthonderd vyf-en-veertig;
14die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;
15die kinders van Binnuï, seshonderd agt-en-veertig;
16die kinders van Bebai, seshonderd agt-en-twintig;
17die kinders van Asgad, tweeduisend driehonderd twee-en-twintig;
18die kinders van Adonikam, seshonderd sewe-en-sestig;
19die kinders van Bigwai, tweeduisend sewe-en-sestig;
20die kinders van Adin, seshonderd vyf-en-vyftig;
21die kinders van Ater, van Hiskia, agt-en-negentig;
22die kinders van Hasum, driehonderd agt-en-twintig;
23die kinders van Besai, driehonderd vier-en-twintig;
24die kinders van Harif, honderd-en-twaalf;
25die kinders van Gibeon, vyf-en-negentig;
26die manne van Betlehem en Netofa, honderd-agt-en-tagtig;
27die manne van Anatot, honderd agt-en-twintig;
28die manne van Bet-Asmawet, twee-en-veertig;
29die manne van Kirjat-Jearim, Kefira en Beërot, sewehonderd drie-en-veertig;
30die manne van Rama en Geba, seshonderd een-en-twintig;
31die manne van Migmas, honderd twee-en-twintig;
32die manne van Bet-El en Ai, honderd drie-en-twintig;
33die manne van die ander Nebo, twee-en-vyftig;
34die kinders van die ander Elam, duisend tweehonderd vier-en-vyftig;
35die kinders van Harim, driehonderd-en-twintig;
36die kinders van Jerigo, driehonderd vyf-en-veertig;
37die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewehonderd een-en-twintig;
38die kinders van Senaä, drieduisend negehonderd-en-dertig.
39Die priesters: die kinders van Jedaja, van die huis van Jesua, negehonderd drie-en-sewentig;
40die kinders van Immer, duisend twee-en-vyftig;
41die kinders van Pasgur, duisend tweehonderd sewe-en-veertig;
42die kinders van Harim, duisend-en-sewentien.
43Die Leviete: die kinders van Jesua, van Kadmiël, van die kinders van Hodewa, vier-en-sewentig.
44Die sangers: die kinders van Asaf, honderd agt-en-veertig.
45Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatita, die kinders van Sobai, honderd agt-en-dertig.
46Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasufa, die kinders van Tabbaot;
47die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon;
48die kinders van Lebana, die kinders van Hagaba, die kinders van Salmai;
49die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar;
50die kinders van Reaja, die kinders van Resin, die kinders van Nekoda;
51die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paseag;
52die kinders van Besai, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;
53die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakufa, die kinders van Harhur;
54die kinders van Baslut, die kinders van Mehida, die kinders van Harsa;
55die kinders van Barkos, die kinders van Sisera, die kinders van Temag;
56die kinders van Nesiag, die kinders van Hatifa.
57Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders Soferet, die kinders van Perida;
58die kinders van Jaäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;
59die kinders van Sefatja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogeret-Hassebaim, die kinders van Amon —
60al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: driehonderd twee-en-negentig.
61En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie —
62die kinders van Delaja, die kinders van Tobia, die kinders van Nekoda: seshonderd twee-en-veertig.
63En van die priesters: die kinders van Habaja, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsillai, wat uit die dogters van Barsillai, die Gileadiet, 'n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.
64Hulle het hul stamboom gesoek onder dié wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.
65En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.
66Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend driehonderd-en-sestig;
67behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend driehonderd sewe-en-dertig. En hulle het tweehonderd vyf-en-veertig sangers en sangeresse gehad.
68Hulle perde was sewehonderd ses-en-dertig; hulle muile tweehonderd vyf-en-veertig;
69kamele, vierhonderd vyf-en-dertig; esels, sesduisend sewehonderd-en-twintig.
70En 'n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyfhonderd-en-dertig priesterrokke.
71En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend tweehonderd mines.
72En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend mines, en sewe-en-sestig priesterrokke.
73So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.