Psalms 131
Julle moet glo dat die Here julle sal help
1'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Van Dawid.
Here, ek dink nie dat ek belangrik is nie,
ek is nie hoogmoedig nie,
ek probeer nie om dinge te doen
wat vir my te moeilik is nie.
2Nee, ek is tevrede met wat ek is,
ek is soos 'n kind wat nie meer
aan sy ma drink nie,
'n kind wat gelukkig is by sy ma.
3Israeliete, julle moet glo dat die Here julle sal help,
nou en vir altyd.
ltpgt© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2007. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.lt/pgt