By die riviere van Babel
1By die riviere van Babel,
daar het ons gesit en huil
toe ons gedink het aan Sion.
2Ons het ons liere
daar opgehang aan die populierbome,
3want ons was gevangenes daar,
en die mense wat vir ons gevang het,
het vir ons gevra om 'n lied te sing.
Die mense wat vir ons verdruk het,
het vir ons gesê dat ons vrolik moet wees
en 'n lied oor Sion moet sing.
4Maar ons kon nie die lied van die Here
in 'n vreemde land sing nie.
5Jerusalem, as ek jou vergeet,
dan moet my regter-hand vergeet
hoe om die lier te speel.
6As ek nie aan jou dink nie,
dan moet my tong vassit bo in my mond
sodat ek nie kan sing nie.
Jerusalem moet die plek bly
waar ek die graagste wil wees.
7Here, U moet onthou wat die Edomiete
gedoen het toe die vyande Jerusalem verwoes het.
Hulle het gesê: “Breek die mure af,
breek dit af tot op die fondamente!”
8Mense van Babel, vyande sal julle verwoes.
Dit sal goed gaan met die mense
wat dieselfde met julle doen
soos julle met ons gedoen het.
9Dit sal goed gaan met die mense
wat julle babatjies gryp
en teen 'n rots doodslaan.