Esau se nageslag
1Hier volg die familiegeskiedenis van Esau, dit is Edom: 2Esau het sy vroue geneem uit die vroue van Kanaän –
Ada, die dogter van Elon, die Hetiet;
Oholibama, die dogter van Ana, die dogter van Sibon, 'n Hewiet;
3Basemat, die dogter van Ismael, die suster van Nebajot.
4Ada het Elifas vir Esau in die wêreld gebring, en Basemat het Reüel in die wêreld gebring. 5Oholibama het Jeüs, Jalam en Korag in die wêreld gebring. Dit is die seuns van Esau wat in die land Kanaän gebore is.
6Esau het sy vroue, sy seuns en dogters en al die mense van sy huis geneem, ook sy vee, al sy ander diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän bekom het, en gegaan na 'n gebied weg van sy broer Jakob af. 7Hulle besittings was immers te veel om saam te kon woon. Vanweë hulle diere, kon die land waar hulle as •vreemdelinge gewoon het, hulle nie dra nie. 8Esau het in die Seïrberge gaan woon. Esau is Edom.
9Hier volg dan die familiegeskiedenis van Esau, die stamvader van die Edomiete, in die Seïrberge. 10Dit was die name van Esau se seuns:
Elifas, die seun van Ada, Esau se vrou;
Reüel, die seun van Basemat, Esau se vrou.
11Elifas se seuns was:
Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas.
12Timna was 'n byvrou van Elifas, die seun van Esau; sy het Amalek vir Elifas in die wêreld gebring.
Hulle was nakomelinge van Ada, Esau se vrou.
13Dit was die seuns van Reüel:
Nagat, Serag, Samma en Missa.
Hulle was nakomelinge van Basemat, Esau se vrou.
14Dit was die seuns van Oholibama, Esau se vrou en dogter van Ana, die dogter van Sibon:
Sy het Jeüs, Jalam en Korag vir Esau in die wêreld gebring.
15Hier volg die stamhoofde van Esau se nageslag.
Die nageslag van Elifas, Esau se eersgeborene, was:
Hulle was stamhoofde van Elifas in die land Edom. Dit was die nakomelinge van Ada.
17Dit was die nakomelinge van Reüel, Esau se seun:
Hulle was stamhoofde van Reüel in die land Edom. Dit was die nakomelinge van Basemat, Esau se vrou.
18Dit was die nakomelinge van Oholibama, Esau se vrou:
Dit was stamhoofde van Oholibama, Esau se vrou.
19Dit was dan die nakomelinge van Esau – dit is Edom – en dit was hulle stamhoofde.
20Dit was die nakomelinge van Seïr, die Goriet, inwoners van die land:
Lotan, Sobal, Sibon, Ana,
Dit was die stamhoofde van die Goriete, die nageslag van Seïr, in die land Edom.
22Lotan se seuns was
Lotan se suster was Timna. 23Dit was Sobal se nageslag:
Alwan, Managat, Ebal, Sefo en Onam.
24Dit was Sibon se nageslag:
Aja en Ana. (Dit is die Ana wat op warmbronne afgekom het in die woestyn toe hy die donkies van sy vader Sibon daar laat wei het.)
25Dit was die nageslag van Ana:
Dison en Oholibama, die dogter van Ana.
26Dit was die nageslag van Dison:
Gemdan, Esban, Jitran en Keran.
27Dit was die nageslag van Eser:
28Dit was die nageslag van Disan:
29Hier volg die stamhoofde van die Goriete:
Dit was die stamhoofde van die Goriete, naamlik hulle stamhoofde in die land Seïr.
31Dit is die konings wat in die land Edom regeer het voordat 'n koning oor die Israeliete regeer het:
32Bela, seun van Beor, het koning geword in Edom, en die naam van sy dorp was Dinhaba.
33Bela het gesterf, en in sy plek het Jobab, seun van Serag, uit Bosra, koning geword.
34Jobab het gesterf, en in sy plek het Gusam, uit die gebied van die mense van Teman, koning geword.
35Gusam het gesterf, en in sy plek het Hadad, seun van Bedad, wat die Midianiete in die gebied van Moab verslaan het, koning geword; die naam van sy dorp was Awit.
36Hadad het gesterf, en in sy plek het Samla, uit Masreka, koning geword.
37Samla het gesterf, en in sy plek het Saul, uit Regoboot-Hannahar koning geword.
38Saul het gesterf, en in sy plek het Baäl-Ganan, seun van Agbor, koning geword.
39Baäl-Ganan, seun van Agbor, het gesterf, en in sy plek het Hadar koning geword; die naam van sy dorp was Paü. Sy vrou se naam was Mehetabel, dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.
40Hier volg die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle grootfamilies, met hulle name, volgens hulle woonplekke:
Dit was die stamhoofde van Edom, volgens hulle woonplekke, in die gebied van hulle erfgrond. Dit was dan Esau, die voorvader van die Edomiete.