Jesaja 20
1In die jaar toe die tartan na Asdod gekom het, toe Sargon, die koning van Assirië, hom gestuur het, het hy oorlog gemaak teen Asdod en dit ingeneem. 2In dié tyd het die Here by monde van Jesaja, seun van Amos, gesê: “Gaan, haal die rouklere van jou heupe af, en jou sandale, trek dit van jou voete af!” Hy het so gemaak en kaal en kaalvoet rondgeloop.
3Die Here het gesê: “Soos my dienskneg, Jesaja, drie jaar lank kaal en met kaalvoete rondgeloop het, as 'n teken, as 'n voorteken wat betrekking het op Egipte en Kus, 4so sal die koning van Assirië die gevangenes van Egipte en die ballinge van Kus weglei, jonk en oud – kaal en met kaalvoete, en met ontblote sitvlakke. Die naaktheid van Egipte! 5Die bondgenote sal verskrik en beskaamd wees vanweë Kus, hulle hoop, en vanweë Egipte, hulle pronkstuk. 6Die bewoners van hierdie kusgebied sal op daardie dag sê, ‘Kyk, so gaan dit met ons hoop, waarheen ons vir hulp gevlug het om gered te word van die koning van Assirië. Hoe sal óns dan ontvlug?’ ”
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met Deuterokanonieke Boeke © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.