PSALM 121
Op pad.
1'n BEDEVAARTSLIED.
Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?
2My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.
4Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
5Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
6Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
7Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.
8Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2012. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling met Deuterokanonieke Boeke
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953, 1965. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2015. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.