1“ ‘In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie. Dit moet vir julle 'n dag wees waarop op •ramshorings geblaas word. 2Julle moet •brandoffers bring as aangename geur vir die Here: een jong bul, een ram en sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek, 3met die bypassende •graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie: drie tiendes van 'n efa vir die bul, twee tiendes van 'n efa vir die ram 4en 'n tiende van 'n efa vir elk van die sewe ramlammers. 5Offer ook een bokram as •reinigingsoffer om vir julle versoening te doen – 6afgesien van die brandoffer met nuwemaan en bypassende graanoffer, die gereelde brandoffer en bypassende graanoffer, en al die bypassende •drankoffers soos voorgeskryf, as 'n aangename geur, 'n offergawe aan die Here.7“ ‘Op die tiende van hierdie sewende maand moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle moet julle verootmoedig, en geen werk mag julle doen nie. 8Julle moet dan 'n brandoffer vir die Here aanbied as 'n geurige offer: een jong bul, een ram en sewe jaaroud ramlammers – sonder gebrek moet hulle wees – 9en die bypassende graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie: drie tiendes van 'n efa vir die bul, twee tiendes van 'n efa vir die een ram, 10'n tiende van 'n efa vir elk van die sewe ramlammers. 11Offer ook een bokram as reinigingsoffer, afgesien van die reinigingsoffer vir die versoening, by die gereelde brandoffer, met sy bypassende graanoffer en al die bypassende drankoffers.
12“ ‘Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie. Julle moet sewe dae lank feesvier ter ere van die Here. 13Julle moet 'n brandoffer, 'n offergawe met 'n aangename geur vir die Here, aanbied: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud ramlammers, sonder gebrek moet hulle wees, 14en die bypassende graanoffer van gesifte meel, gemeng met olyfolie: drie tiendes van 'n efa vir elkeen van die dertien bulle, twee tiendes van 'n efa vir elkeen van die twee ramme, 15en 'n tiende van 'n efa vir elkeen van die veertien ramlammers. 16Offer ook een bokram as reinigingsoffer, afgesien van die gereelde brandoffer en die bypassende graan- en drankoffer.
17“ ‘Op die tweede dag is dit twaalf jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek 18met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers met die hoeveelhede soos voorgeskryf, 19asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en al die bypassende drankoffers.
20“ ‘Op die derde dag is dit elf bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek, 21met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf, 22asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
23“ ‘Op die vierde dag is dit tien bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek 24met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf, 25asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
26“ ‘Op die vyfde dag is dit nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek, 27met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf, 28asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
29“ ‘Op die sesde dag is dit agt bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek 30met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf, 31asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer en die bypassende graanoffer en drankoffers.
32“ ‘Op die sewende dag is dit sewe bulle, twee ramme en veertien jaaroud ramlammers sonder gebrek, 33met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bulle, die ramme en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf, 34asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
35“ ‘Die agtste dag moet vir julle 'n gewyde rusdag wees. Julle mag geen gewone take verrig nie. 36Julle moet 'n brandoffer, 'n offergawe met 'n aangename geur vir die Here, aanbied: een bul, een ram en sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek, 37met die bypassende graanoffer en drankoffers vir die bul, die ram en die ramlammers, met die hoeveelhede soos voorgeskryf, 38asook een bokram as reinigingsoffer – dit is afgesien van die gereelde brandoffer met sy bypassende graanoffer en drankoffer.
39“ ‘Dit is wat julle, afgesien van julle gelofte-offers en julle vrywillige gawes, vir die Here moet offer op julle vasgestelde feestye, naamlik julle •brandoffers, julle graanoffers, julle drankoffers en julle •maaltydoffers.’ ” 40Moses het vir die Israeliete gesê net soos die Here beveel het.