PSALM 122
'n Groet aan Jerusalem.
1'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.
Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan!
2Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
3Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,
4waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here — 'n voorskrif vir Israel! — om die Naam van die Here te loof.
5Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
6Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
7Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!
8Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!
9Ter wille van die huis van die Here onse God wil ek die goeie vir jou soek.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2012. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling met Deuterokanonieke Boeke
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953, 1965. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2015. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.