PSALM 138
Dank vir verlossing.
1
'n PSALM van Dawid.
Ek sal U loof met my hele hart; in die teenwoordigheid van die gode sal ek psalmsing tot u eer.
2Ek sal my neerbuig na u heilige paleis en u Naam loof, om u goedertierenheid en om u trou ontwil; want U het vanweë u ganse Naam u toesegging groot gemaak.
3Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel.
4Al die konings van die aarde sal U loof, o Here, as hulle gehoor het die woorde van u mond;
5en hulle sal sing van die weë van die Here, want die heerlikheid van die Here is groot.
6Want die Here is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.
7As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.
8Die Here sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2012. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling met Deuterokanonieke Boeke
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953, 1965. Digitale Weergawe © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2015. Alle regte voorbehou. www.biblesa.co.za.