Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Rig jou geloofsoog op Hom – Dag 6

Weerspieël sy heerlikheid – bietjie vir bietjie

Bybelteks(te)

18Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

2 KORINTIËRS 3:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Deesdae is ons obsessief oor spoed en effektiwiteit. Ons wil alles so gou moontlik gedoen hê en hierdie gewoontes en houding het ook ʼn invloed op ons geestelike lewe. Ons soek ʼn preek, ʼn seminaar of ʼn ondervinding wat onmiddellik al ons probleme sal oplos, alle versoekings sal verwyder, en ons sal vrystel van die groeipyne om volwasse in Christus te word. God stel egter meer belang in krag en stabiliteit as in spoed.

Wanneer ons in die teenwoordigheid van die Here kom en sy Woord lees, word die sluier gelig, soos met Moses toe hy die tabernakel binnegegaan het om met die Here te praat. Die Woord weerspieël wat en wie ons is, maar ook die heerlikheid van die Here. Deur sy Woord begin sy beeld al hoe meer gestalte kry in ons lewens. Die heerlikheid van die Here gee dat ons ook heerlikheid uitstraal.

Die Heilige Gees maak hierdie wonderlike verandering moontlik. Om aan die beeld van Christus gelyk te word is ons uiteindelike bestemming, maar ons reis neem ʼn leeftyd. Die Here wil hê dat ons elke dag ʼn bietjie meer soos Hy word.

Natuurlik is die eenvoudigste dinge dikwels die moeilikste om te doen. As jy al ooit probeer het om te verslank en fiks te word, sal jy weet om reg te eet en meer te oefen is die enigste manier om dit reg te kry. Daar is nie wonderkos, -oefeninge of -pille nie. Jy moet net elke dag jou oefeninge doen en reg eet.

Om die Here se heerlikheid te weerspieël is baie dieselfde. Ons het ʼn lied in die Sondagskool gesing wat lui: “Lees jou Bybel, bid elke dag, en jy sal groei, groei, groei!” Dit is so eenvoudig soos dit.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS