Al die mense in Moab roep dat die Here hulle moet help
1Die Here is kwaad vir die Moabiete. Hy het gesê:
“Die vyande het die stad Ar-Moab
in een nag verwoes en afgebreek,
hulle het ook die stad Kir-Moab
in een nag verwoes en afgebreek.
2Die mense van die stad Dibon
gaan na die tempels,
hulle gaan na die offer-plekke
om te huil.
Die Moabiete huil oor die stede Nebo en Medeba.
Hulle het hulle hare en hulle baard afgeskeer,
3hulle trek rouklere aan op die strate,
hulle sit almal en huil
op die dakke en op die oop plekke,
hulle is baie hartseer,
hulle wil sterf.
4Die mense van die stede Gesbon en Elale roep
en vra dat iemand hulle moet help,
die mense van die stad Jahas hoor dit.
Daarom bewe die soldate van Moab,
hulle word moedeloos.
5Ek is baie jammer vir die Moabiete,
want hulle vlug tot by die stede Soar en Eglat-Selisija,
hulle huil en gaan na die stad Lugit,
hulle skree op die pad na die stad Goronajim
omdat hulle land verwoes is.
6Daar is nie meer water by die stad Nimrim nie,
die gras het droog geword,
daar is nie meer plante nie,
niks is groen nie.
7Daarom vat die Moabiete al hulle goed
en dra dit oor die Populier-rivier.
8Al die mense in Moab roep
en vra dat iemand hulle moet help,
ook die mense in die stede Eglajim en Beër-Elim.
9Die water van Dibon is vol bloed,
maar Ek, die Here, sal dit nog slegter laat gaan
met die mense van Dibon.
Ek sal leeus stuur om die Moabiete aan te val,
die Moabiete wat nog lewe
en wat oorgebly het in die land.”